Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 12 FEBRUARIE 2017

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels uit om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG

SARL BESPREEK DIE VOORGESTELDE FREKWENSIE BAND PLAN TYDENS OPENBARE VERHOOR

MOET RADIOAMATEURS BEKOMMERD WEES OOR DIE TOENEMENDE GERAAS OP ONS BANDE

RADIO ZS

WEDSTRYD NUUS

Bly ingeskakel vir meer hieroor asook ander interesante nuus items

** SARL President, Nico van Rensburg, ZS6QL, en Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, het die SARL se posisie rondom die voorgestelde band plan tydens die openbare verhoor van OKOSA, Donderdag 8 Februarie, voor gelê. Daar is verskeie punte waarmee ons nie saamstem nie soos byvoorbeeld die vermindering van die 160 meter band na slegs 40 kHz en ook knel punte rakende die 5mHz band

Tydens die vrae en antwoord sessie het OKOSA die SARL versoek om stawende dokumentasie ter versterking van ons versoek vir die toekenning van 100 kHz tussen 5350 en 5450 kHz. Die 100khz toekenning was die Afrika blok se standpoint by die WRC15. Suid-Afrika was die voorsteller by die WRC15 en het die Afrika Telekommunikasie-unie versoek vir die ondersteuning van hierdie standpunt wanneer die Agenda item op WRC15 bespreek sal word.

Die SARL het onderneem om die nodige dokumentasie betyds vir die 17 Februarie spertyd in te dien.

Kry die SARL se voorlegging aan OKOSA op die SARL webblad onder die ICASA hofie. Daar word allerwee verwag dat OKOSA die bandplan sal finaliseer vir publikasie teen 31 Maart 2017

** Moet die toename in RF geraas op die amateur bande in ‘n ernstigge lig gesien word? Dit was die groot vraag tydens die onlangse Skype vergadering van die Regulatoriese werkgroep, ook bekend as die SRWG

Die werkgroep glo dat die RF geraas vloer van belang is vir meeste radioamateurs aangesien baie van ons met lae krag uitset en dus lae sein tot geraas verhoudings werk. Baie amateurs sal wel deeglik bewus wees van die stygende geraas vlakke or die laaste paar jaar. Hierdie is egter ‘n ingewikkelde situasie wat veroorsaak word deur onder meer warm water toestel beheer eenhede, LED ligte en hul gepaardgaande omsetters, Energie besparende lampe en ook Neon ligte. Die SWRG beplan om ‘n reeks opleidings dokumente te skryf waarin daar spesifiek gekyk sal word na hierdie probleme. Hul beoog ook om gedurende die volgende week met die SABS tegniese komitee, die TC73 EMC groep, te vergader rondom hierdie saak ten einde dit as ‘n prioriteid saak te oormerk en sodoende die aandag daarop te vestig.

Daar word ook ‘n werk winkel in die vooruitsig gestel waartydens ‘n plan van aksie opgestel kan word. Meer inligting en ‘n datum vir die werk winkel sal binnekort bekend gemaak word.

** Die sluitingsdatum vir artikels in die Maart Radio ZS is 22 Februarie 2017. Artikels in Afrikaans en Engels mag in MS Word en Oppenoffice formaat ingedien word na radiozs@sarl.org.za Fotos moet nie in die dokument ingesluit wees nie maar eerder as aanhangsels saam gestuur word. Maak seker jou foto beslaan nie meer as een mega greep nie.

Radio ZS se redakteur is ook gedurig deur op soek na fotos van AmateurRadio in aksie wat as voorblad vir die tydskrif gebruik kan word. So ‘n foto moet in portret formaat wees
..ooOOoo..

Jy is ingeskakel op ‘n nuus bulletin van die Suid Afrikaanse Radio Liga gelees deur ...........................
..ooOOoo..

** Die SARL jeug naelloop vind plaas op 18 Februarie 2017 vanaf 08:00 tot 10:00 UTC. Hierdie is ‘n pret aktiwiteit wat kontakte tussen jong amateurs en ook aktiwiteit op die bande aan moedig. Roep CQ sprint tussen 7 063 en 7 100 kHz asook 7 130 en 7200 kHz. Uitruiling is ‘n RS verslag asook die operateur se ouderdom.

Om meer uit te vind rakende die reels en ouderdomsgroepe raadpleeg die SARL kompetisie handleiding wat aanlyn beskikbaar is


** Paul ZS6NK, John ZS6JON en Pieter V51PJ het onlangs hul baken antennae Suid gedraai ten einde die Sporadiese E openinge makliker te kan bespeur.

Mike, ZS1TAF, berig dat so ‘n opening juis op Maandag 16 Januarie 2017 om 20:02 waargeneem is. Tydens hierdie opening het hy die baken van ZS6TWB, vir ongeveer 30 minute gehoor. Om 20:11 het hy ook die baken van ZS6JON om 20:11 begin hoor en die was vir ongeveer 20 minute hoorbaar. Intussen het Raoul, ZS1C, en Willem, ZS1WDK berig dat hulle beide hierdie bakens op 4 Februarie vir omtrent ‘n uur kon hoor. Hulle het CQ geroep maar geen antwoord gekry nie.

** Baie dank aan Peter Hers, ZS1PHD, wat die SARL se BHF, UHF en mikrogolf DX Rekord tabel bygewerk het en dit ook terstond op die SARL webblad gepubliseer het. Die tabel is opgedateer deur Mike Bosch ZS2FM. Hierdie tabel dek die 40 mHz tot 47 GHz band segmente wat deur Amateurs gea-ktiveer is, en behels beide die Digitaal en analoog seksies. Die historiese rekords is ook aangepas om die historiese analoog rekords vir hierdie bande tesame met die name van ons vroeë pioniers te weer spieël. So sal ons hulle nie vergeet nie.

Gaan asseblief die rekords na en laat weet vir Mike van enige veranderinge en of uitlatings. Hierdie rekords dien ook as aansporing vir BHF amateurs om groter hoogtes te bereik


** Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 25 Februarie 2017 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Geoff ZS6C 082 546 5546.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is slegs 'n enkele sonvlek sigbaar maar hy is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 8 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30m bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Dagboek van gebeure

Vandag, 12 Februarie kan jy steeds deelneem aan die SARL se nasionale veld dag
18 Februarie - SARL Jeug lopie
18 Februarie - SDR Werk winkel
25 Februarie – Wes Rand ARK vlooimark
26 Februarie - SARL Digitale wedstryd
4 Maart – Kaapstad Mega Vlooimark
5 Maart - SARL Hamnet 40m wedloop

Om af te sluit, kyk ons weer na die hoofberig in van more se SARL nuus

SARL President, Nico van Rensburg, ZS6QL, en Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, het die SARL se posisie rondom die voorgestelde band plan tydens die openbare verhoor van OKOSA, Donderdag 8 Februarie, voor gelê. Daar is verskeie punte waarmee ons nie saamstem nie soos byvoorbeeld die vermindering van die 160 meter band na slegs 40 kHz en ook knel punte rakende die 5mHz band

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuus diens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondag oggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n audio opname deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein verslae, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentechborg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saam gestel en vertaal deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Viv Dold, ZS6VD, en gelees deur ...................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003